top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

All In Black

Updated: Nov 10, 2021

Die 0ggend het maar traag begin want Louell was groot gedeeltes van die aand wakker en was ongelukkig weens maagkrampe. Dis wat gebeur as mens te veel spog by die Oumas en Oupas oor wat `n soet seuntjie Louell is. Hy is verseker soet, maar nie altyd nie. Mamma en Pappa werk mooi saam om na hom te kyk.



10:00 Mamma en Pappa bad vir Louell vir die eerste keer. Dis `n spanpoging. Mamma verduidelik vir Pappa hoe die susters haar geleer het in die hospitaal en Pappa voer uit. Louell huil `n klein bietjie.



11:00 Tannies Ronel en Aby kom kuier vir Louell. Mamma trek spesiaal vir Louell `n All Blacks pakkie aan omdat Tannie Ronel so baie van rugby hou. Hulle se wat `n mooi baba hy is en toe Tannie Ronel hom vashou se sy haar hart is seer (van blydskap) en vee die trane af.



12:00 Louell piepie die eerste keer vir Pappa en homself raak. Mamma lag. Hy het ook sy eerste stewiger bollie gemaak.


17:00 Oom Nakkie, Michaela en Christen kom kuier vir Louell. Tannie Bonnie sluit later aan. Almal baklei om vir Louell vas te hou. Mamma het `n ander All Blacks pakkie vir die aand moes aantrek, want Oom Nakkie hou nog meer van rugby. Hy hou die embleem toe en se dat hy vir Louell eerder `n Springbok pakkie sal koop.


Die All Blacks klere is aan Louell gestuur deur Tannie Maxie vanuit Nieu-Seeland.




4 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page