Vandag is die dag wat Mamma graag wou he Louell gebore moes geword het, maar Mamma is onsettend dankbaar dat hy reeds in haar arms is.
Louell het heeldag nie gebollie nie en Mamma en Pappa is baie bekommerd.
10:00 Ouma bring Die Roomyskind kombi sodat Pappa haar kan help met die klank. Dit is ook die eerste keer wat Louell sy kombi sien.
11:00 Ouma sit by Mamma terwyl sy borsvoed en gee vir Mamma baie raad wat Mamma opreg waardeer. Sy voel sommer baie meer gerus oor die borsvoeding.
14:30 Ons drie gaan vir ons eerste opvolg ondersoek by Sr Adele. Mamma het `n hele lang lys van vrae en kry uitstekende raad. Ons ruil doek en Louell piepie op sy klere en op Sr Adele. Mamma het Louell se babywipes, boudroom en skoon klere vergeet. Sr Adele is mal oor Louell en hou hom so lank vas dat Pappa moes se dat ons moet ry.
16:00 Mamma en Louell het hul eerste behoorlike Skin Time terwyl Mamma borsvoed. Pappa kom op die prentjie af en begin dadelik `n traan pik.
18:00 Mamma is baie moeg en emosioneel, so sy slaap in die spaarkamer sodat Pappa na Louell kyk.
留言