top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

36 Weke en 4 Dae Dokters Besoek

Updated: Nov 12, 2021

Ons het vanoggend baie mooi vir Louell gevra om sy arms, bene, hande, voete en naelstring weg van sy gesig af te hou, en hy het geluister, maar ons kan vandag glad nie sy gesig sien nie.



Al die oumas was toe nou reg toe hulle gesê het my maag het gesak, want tydens die doktersbesoek het dokter bevestig dat Louell met sy kop ondertoe, agter my pelvis in lê. Daarom is die foto bo van die hare in sy nek die enigste foto wat ons van hom gekry het. Teleurstellend, maar tog maak dit my Mamma-hart bollemakiesie maak as sy eie wil só duidelik na vore kom.


Ná die skandering en tydens ons konsultasie het Dr Anneen aanbeveel dat ons Louell se keiser vir Maandag, 11 Oktober moet skeduleer. My gemoed was baie swaar. Ek het regtig my hart op die 13e gehad.


Nadat ons dit weer bespreek het, het sy gesê dat ons dit weer tydens ons laaste besoek op Vrydag, 8 September.



Dis reg ja, nog net 1 doktersbesoek! Pappa se opgewondenheid en Mamma se angs loop hoog. Gereed of nie, hy is amper hier!

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page