top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

5 Weke en 6 Dae Dokters Besoek

Updated: Nov 9, 2021

Ons het vandag vir ons eerste scan gegaan net om seker te maak dat die swangerskaptoets korrek was en die baba wel ingeplant het.


Ek het verseker gevoel dat dinge vorder want simptome soos abdominale druk en teer borste het hierdie week verskyn.


Na baie stres en opgewondenheid, het Dr Venter ons ingeroep, ek het op die bed gehop en sy het begin met die ondersoek. Dadelik het ons gesien dat daar `n klein ertjie teenwoordig is en Louis het begin huil.



In week 4 van swangerskap begin die liggaam die plasenta en vrugwater sak vorm, soos wat hier gesien kan word. Alles was baie mooi gevorm en die baba het mooi gemeet soos dit moet.


Die groot verassing was toe Dr Venter vir ons sê dat daar reeds `n harklop is. Dit was heeltemal surrealisties om die hartklop vir die eerste keer te hoor. Sy het dit net vir 2 sekondes gespeel omdat oormatige blootstelling aan die golwe die baba se hart kan beskadig, maar ons het dit gehoor. Volgens Dr Venter is ddaar gewoonlik nie só vroeg al `n hartklop nie, so dit is `n baie goeie teken.



Na die ondersoek het ons gevier met tee en koffie by NetCafe en die Here hardop bedank vir hierdie wonderlike geskenk.

15 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page