top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Waks

Updated: Nov 12, 2021

Ek het deur my swangerskap aanhou waks sodat ek nie uitermatige haargroei weens skeer ná die swangerskap sou hê nie, en ek is bly ek het.



Met die uitsondering van `n effense reaksie wat ek gehad het met my eerste sessie tydens die eerste trimester, was die pyn verseker nie erger nie en, ten spyte van die hare wat weens hormone vinniger gegroei het, was die resultate baie bevredigend.


Maar is dit veilig om 'n Brasiliaanse waks te kry tydens swangerskap? Swanger vroue het dikwels vrae en kommer oor die veiligheid van sekere spabehandelings. Terselfdertyd wil swanger ma's die beste vir hul ongebore babas hê.


Volgens Healthline is dit gewoonlik veilig om tydens swangerskap gewaks te word. Maar daar is 'n paar voorsorgmaatreëls waarvan `n mens bewus moet bewus wees:


  • Bevestig met jou ginekoloog of jy mag waks.

  • Besoek 'n ervare en gelisensieerde estetikus. Vra oor hul werksgeskiedenis en opleiding.

  • Kyk of die fasiliteit skoon is.

  • Kyk dat was of die stroke nie tussen kliënte hergebruik word nie.

  • Die hergebruik van toedieners of om dit weer in die was te “dubbel dompel”, verhoog ook risiko vir infeksie.

7 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page