As mens gaan uiteet, maar nie eers weet jy was daar nie... Mamma, Ouma Mabel en Louell rits rond en stop vinnig in by Doppio Zero in Silverlakes vir middagete. Mamma en Ouma eet heerlike pasta en `n toebroodjie terwyl Louell in Mamma se arms lê en slaap.
Hierdie week hy steeds die meeste van die tyd. Dit beteken gewoonlik ongeveer 16 tot 18 uur per dag in totaal, gewoonlik vir drie tot vier ure op `n slag. Daarna maak sy grommende maag hom wakker en hy lui die etesklok deur vir my te huil. Om 'n streng slaapskedule vas te stel is nog nie die beste idee nie so ons laat hom gedurende hierdie eerste paar weke die pad lei vir slaap.
Comments