top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Baba Boeties

Updated: Nov 15, 2021

Vandag was `n ongelooflike warm dag. Van vroegoggend af het ons na die skaduwee gevlug. Een van die lekkerste hoekies skaduwee in die tuin het na ons geroep en toe ons gaan sit het Ouranos besluit om by ons te kom lê.



Dis nogsteeds vir Mamma baie ongelooflik en gerusstelled dat die honde so geweldig rustig om en aanvaardend van Louell is. Dit was `n baie groot bron van bekommernis voor die geboorte, maar die honde het volkome hul kleine mens-boetie aanvaar.


Terwyl ons so gesit het, het Mamma vir Louell op die wang gesoen en hy het vir die eerste keer vir Mamma geglimlag. Hy glimlag gereeld as hy Pappa se stem hoor of as Pappa vir hom nek-soene gee. Maar hy het nog nooit voorheen vir Mamma geglimlag nie en ek voel ek weet hoekom: Pappa is baie betrokke, maar nie altyd teenwoordig nie en daarom is dit baie opwindend om hom te sien, hoor of voel. Mamma is amper altyd om Louell en daarom is hy so gewoond aan haar dat sy amper soos deel van hom voel. Dit beteken minder glimlagte vir my, maar die feit dat hy só geheg is aan my maak my hart baie bly.

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
Post: Blog2_Post
bottom of page