Soos baie werkende ma's, is ek verras deur die vloed van emosies wat toeslaan as ek dink dat die einde van my kraamverlof nader kom. Gelukkig is dit nog heelwat weg en kan ek my tydjie met die klein beertjie geniet.
Alhoewel ek nie omgee om tyd aan my werk te spandeer nie, voel ek ook hartseer en skuldig om vir baba in iemand anders se sorg oor te laat. Gelukkig is daardie "iemand anders" net Ouma Mabel, vir nou.
Die vertroostende nuus is dat baie, baie werkende ouers voor my nie net hierdie bekommernisse en frustrasies ervaar het nie, maar ook geleer het hoe om die moeilike post-baba terugkeer werk toe te navigeer. Dit is absoluut uitdagend, maar ek glo ons sal dit maak werk.
Comments