Oppad na `n ander afspraak stop ons in by Burger Box Roadhouse Centurion vir `n vinnige middagete.
Die Roadhouse inry-konsep het in die vroeë 40's in Amerika en 'n paar jaar later in Suid-Afrika gewild geraak. Dit het sedertdien nie opgehou om in gewildheid te groei nie.
Die onderneming, waar die oorspronklike Burger Box Roadhouse vandag is, het sestig jaar gelede in Krugersdorp begin. Dit was 'n kitskoswinkel in die 50's en het in die 60's 'n Roadhouse geword.
Gedurende die 1980's het dit die naam Burger Box gekry en ontwikkel tot die besigheid wat dit vandag is.
Met takke wat nou in Benoni, Centurion, Kempton Park, Krugersdorp en Rustenburg werksaam is, sprei die Burger Box-handelsmerk sy vlerke.
Ons is baie verras en beïndruk met hoe mooi dit is en heerlik die kos is, en eet al te lekker terwyl Louell rustig in en uit sluimer.
Comments