Vanoggend was Mamma baie moeg en wou nie opstaan nie. Dis nie dat Louell sleg geslaap het nie, maar dit bly maar uitputtend om twee keer `n nag op te staan en dan weer 06:00 reg te wees wanneer hy wil eet. Gelukkig het ons boetie ook bietjie later geslaap.
Uiteindelik wakker moet Mamma en ons boetie gereed maak vir die dag, maar ons wil niks weet van Mamma los nie, so ons moet maar gaan waar Mamma is. Dis `n hele nuwe ondervinding om te leer om álles met een hand te doen vir Mamma.
Mamma, Pappa en Louell gaan loer in by Busstop 7 Market waar Ouma Mabel en Die Roomyskind uitstal. Ons eet lekker middagete en geniet Die Roomyskind se bevrore jogurt.
Terug by die huis neem Mamma af hoe mooi ons boetie lyk in sy swart zebra pakkie, maar hy is doodmoeg en wil net slaap.
Mamma melk uit net voor slaaptyd terwyl Yvie rustig by ons lê. Ons is net te bly dat sy ook vir ons boetie aanvaar het en steeds deel is van alles by die huis.
Comentarios