Mamma moes vandag die FNB-bank by Woodlands Boulevard besoek om nuwe kaarte te bestel. Ongelukkig kon ek dit nie aanlyn doen nie. Pappa het vir Louell dopgehou terwyl ek besig was, maar die klein man het in elk geval geslaap.
Nadat ons by die bank was het Mamma, Pappa en Louell by Cappuccinos gaan eet.
Louell het steeds geslaap, maar Mamma het hom uit die stootwaentjie te gehaal en langs haar op die bank gelê. Mamma is glad nie `n voorstaander van die karstoeltjie wat aan die stootwaentjie vasmaak nie. Alhoewel dit veilig is vir `n baba om 'n katslapie te hê terwyl daar van punt A na B gery word - mits dit nie te lank van 'n reis is nie - moet mens nie aanhou om hulle te laat slaap daarin wanneer mens by die bestemming aankom nie, sê die Canadian Pediatric Society. Wanneer babas in die sittende posisie slaap, kan hul koppe vorentoe val, hul lugweë beperk word en veroorsaak dat hulle ophou asemhaal. Daar is gevind dat hierdie verwoestende verskynsel, bekend as posisionele versmoring, die oorsaak is van 48 persent van sterftes in motorsitplekke in 'n 2015-studie wat in The Journal of Pediatrics gepubliseer is. Die ander 52 persent van sterftes is veroorsaak deur verwurging aan bande, dikwels omdat hulle nie behoorlik vasgemaak was nie. Dis dus die veiligste om `n baba so gou moontlik uit `n karstoeltjie te verlos.
Terwyl Pappa toilet toe is, het Louell wakker geword en Mamma het hom opgetel. Die tannies wat agter ons gesit het, het begin koer oor hoe mooi Louell is. Hulle het klomp vrae oor hom gehad en Mamma het met trots alles geantwoord.
Nadat ons by Woodlands was, het ons vir `n kuiertjie by Oupa Johan en Ouma Elize ingeloer.
Comments