top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Petsitter

Updated: Nov 28, 2021

Gisteraand was nog `n koue ene en Mamma moes seker maak om vir Louell lekker snoesig aan te trek. Kyk net hoe pragtig lyk hierdie beertjie in sy beertjie pakkie.



Mamma en Pappa was baie bekommerd oor hoe die honde vir Boetie sou hanteer. Ons het geweet Kronos sal hom aanvaar en geglo dat hy vir Boetie sou aanneem. Ons was wel verkeerd en dis toe Gaia wat nie vir Louell wil los nie. Waar hy gaan, gaan sy en lê vir hom en kyk. Sy is veral baie bekommerd as hy huil.


Baba klanke, veral dié wat baie hard is, kan `n hond ontstel en verwar. Die meeste honde leer eenvoudig om hulle te ignoreer, maar sommige het ekstra hulp nodig. Gaia lyk gereeld baie benoud wanneer Louell geraas maak, maar ons leer haar om die geluide met dinge wat sy liefhet te assosieer, byvoorveeld vryfies op die kop en maag. As Louell gil of huil, praat ons in `n sagte stemtoom met haar en hom. Na 'n bietjie herhaling sal sy ontdek dat babaklanke niks sleg aandui nie. Trouens, dit dui op liefde.



3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
Post: Blog2_Post
bottom of page