top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Dokter Toe

Updated: Nov 28, 2021

Vanoggend gesels en speel Pappa en Louell te lekker terwyl Mamma so `n bietjie werk probeer gedoen kry, maar dis nie lank nie of Mamma se aandag is heeltemal afgelui deur hierdie oulike gevreet.



Om 11:00 besoek ons Dr Johnny Lotter by Netcare Pretoria-Oos Hospitaal vir Louell se twee weke opvolg. Dr Lotter werk baie mooi met Louell en maak selfs sy doek skoon toe hy `n bom tydens die konsultasie los. Dr Lotter sê Louell vorder baie, baie goed. Hy weeg 200g meer as sy vorige inweging en is nou 2.5kg. Hy is 4cm langer as by hospitaal ontslag en meet nou 53cm. Sy kop is ook 1cm groter en is nou 37cm.



Na die hospitaalbesoek vertrek Pappa om aan die boot te gaan werk en Mamma moet vinnig winkels toe gaan. Gelukkig is Tannie Margie daar om na Louell te kyk. Dis die eerste keer wat sy hom vashou en Mamma voel gerus want sy het darem al vier van haar eie kinders groot gemaak. Hy is baie rustig by haar.



Só slaap die mannetjie met sy arm penorent die hele middag lank. Ek wonder of babas se arms aan die slaap kan raak? Maar hy lyk gemaklik so ons los hom maar eerder.





3 views0 comments

Recent Posts

See All

Kommentare


Post: Blog2_Post
bottom of page