Mamma en Pappa het vandag gegaan vir hul tweede Covid-19 inspuitings by Virgin Active Centurion. Die die hulp van die Discovery App het dit blitsvinnig gegaan en Louell het die heeltyd geslaap. Mamma en Pappa het nie eers die inspuitings gevoel nie en geen newe-effekte ervaar tydens die afkoel tydperk nie.
Daarna het ons 3 by Urban Bistro in Highveld Techno Park gaan eet. Die spyskaart het amper te veel lekker disse bevat, en daarom het ons french toast, gevulde pannekoek en `n volle ontbyt geëet het. Weereens het Louell deur die hele ete geslaap.
Comments