top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Eerste Rugbywedstryd

Ná `n lang dag van honde op-en-af ry vir hul inspuitings en inkopies doen vir die groot trek na die dam, gaan kyk Mamma, Pappa en Louell rugby by Oupa Leon en Ouma Tessa se huis.



Hierdie is Louell se eerste keer wat hy rugby kyk en almal was baie opgewonde vir hom om in die ding in te kom. Mamma kon ongelukkig nie vir hom `n Springbok uitrusting kry nie omdat al die winkels uitverkoop was, maar ons het `n truitjie bestel vir die volgende geleentheid.


Wallis is in ’n polsende herfstoetswedstryd in die Principality-stadion met 23-18 deur Suid-Afrika verslaan. Dit was die Sprinbokke se eerste oorwinning in Cardiff sedert 2013. Wallis was in die laaste 10 minute voor in 'n hewige wedstryd, maar Malcolm Marx is in die 73ste minuut oorgedryf vir 'n drie om die Springbokke tot 'n oorwinning te behaal.



Tydens die wedstryd gee Mamma vir Louell sy medisyne sodat hy die aand lekker sal slaap.



Oups het gedink dis baie snaaks en wou graag sy "medisyne" ook bysit vir `n foto.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

Commenti


Post: Blog2_Post
bottom of page