top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Sien Hom Skop

Updated: Aug 13, 2021

Die afgelope week of so voel ek vir Louell kliphard skop. Dis verseker nie meer "bubbles" nie... dis nou meer asof hy opwarm vir `n karate kampioenskap. Ek lees vandag dis blykbaar omdat sy ledemate nou al mooi sterk is maar hy nog klein genoeg is sodat daar lekker baie spasie is vir hom om rond te rol en sy kata's te oefen.


Só lê ek in die bad en ontspan terwyl ek `n speletjie op my tablet speel... en dié kind is besig. Hy lê nie vir `n oomblik stil nie. Iets sê toe vir my miskien is dit moontlik om te sien hoe hy beweeg en toe af kyk laat val ek amper my tablet in die water want my hele maag bons rond. Dis verstommend vir my dat iets so groot soos `n soetrissie vir my so kan roer, maar hierdie klein lewetjie is aan die gang.


5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page