Vandag was die laaste afspraak by Dr Venter voordat ons vir Louell ontmoet. Almal het vir my gevra hoe ek voel voor die geboorte, en my antwoord aan almal was dat dit baie stresvol is. Ek in die vorige weke heelwat kuns, macrame en hekelwerk klaar gemaak om myself rustig te hou. Dit het my effe beter laat voel dat ek nog `n naweek sou hê om `n paar laaste projekte af te handel.
Ons sou vandag met Dokter bespreek wanneer presies Louell kom. Sy wou hom Maandag, 11 Oktober uithaal, maar ek wou steeds baie graag hê dat hy Woensdag, 13 Oktober moes kom en Pappa het sy hart op Saterdag, 16 Oktober gehad.
Comments