Ons het vanoggend `n kantoor vergadering by MES gehad waartydens die SWOT-analise nagegaan moes word en ons `n nuwe spanlid moes verwelkom, so dit was een van die min dae wat ek nie net `n sweetpak, tekkies en `n ponie kon dra nie.
Alles was goed en wel, maar toe ek gaan om `n bra aan te trek was dit te styf en toe ek my trouring wou aansit, wou hy hoegenaamd nie meer pas nie. Toe dra ek maar my ou rekkie-ring wat ek gekry het net voor die troue.
Dis hartseer en baie opwindend ter selfde tyd!
Comments