top of page
Search
Writer's pictureChantell

Halftyd

Vandag was nog `n geweldige harde, besige dag by die damhuis. Mamma, Pappa, Ouma Mabel, Kenneth en Prince het gewerk dat die sop spat. Daar is meubels opgeslaan, mure geverf, tuin opgeruim en baie versiering gedoen.



Vanaand het almal uiteindelik `n tydjie af so Pappa besluit om lekker pap en sous te maak, en te braai vir die manne buite.


Mamma, Ouma en Louell kyk rugby op Mamma se klein tablet in die studeerkamer terwyl al die honde om hul lê en slaap.



Halfpad deur die tweede helfde moet Mamma en Ouma die wedstryd pause om na Louell om te sien, en toe ons weer wil kyk het die internet herlaai en ons kan nie die einde sien nie, maar die eindtelling is 27-26 vir Engeland. Harde lyne Bokke.

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page