top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Hier Gaan Ons!

Vandag is `n baie, baie opwindende dag: Ons is oppad na ons damhuis toe! Na maande se gewag vir registrasie, kan ons nou uiteindelik die groot trek aanpak na Oranjeville.


Beide Mamma en Pappa se karre is gelaai met groot, gehuurde sleepwaens daarby. Ouma Mabel, Louell, Chily, Sony en Percy ry saam met Mamma, terwyl Pappa vir Kenneth, Prince (die verwer), Gaie, Kronos en Ouranos vervoer.


Hier sit en wag Ouma, Louell en Sony vir die manne om klaar te laai.



Die rut na die huis het baie goed verloop. Ouma het bestuur en mooi by die spoedgrens gehou. Louell het die hele pad geslaap en Mamma het gesorg vir die musiek. Oranjeville is twee ure weg van ons huis in Garsfontein af en die paaie lyk eintlik baie goed, met die uitsondering van `n paar slaggate.


Dit was te lekker om uiteindelik by die huis te stop en te weet dit is waar ons soveel goeie herinneringe gaan maak. Selfs hierdie uil het ons verwelkom tot ons nuwe plek.



Na `n lang dag se harde werk het almal afgegaan om die dam te verken. Die honde vernaam het dit verskriklik baie geniet en almal het hul pote in die dam gesit. Kronos is heeltemal in agter Pappa aan, terwyl Ouranos gebokspring het toe hy besef dat hy nou te diep ingaan. Kenneth en Prince was ook bly om hierdie groot massa water te sien.



4 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page