Vir die afgelope paar maande het Yvie elke aand by ons op die bed geslaap. Of sy kon aanvoel dat iets magies besig was om te gebeur en deel daarvan wou wees, en of sy eenvoudig besef het hoe gemaklik ons bed is, sy het ons slaapplek hare gemaak. Tot `n paar aande gelede.
Ons kon nie mooi uitmaak waar sy saans slaap nie, vernaam aangesien die reënseisoen haar sou verhoed om buite te slaap en ons haar nie op die sitkamerbank of eetkamerstoele kon kry nie.
Maar vanaand het ons haar nuwe slaapplek ontdek.
Ons het geslaag in `n rustige atmosfeer as sy hier binne slaap. Of miskien sien sy ook maar net baie uit. Ek twyfel, maar mens kan hoop.
Comments