top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Kuier By Oupa

Updated: Nov 16, 2021

Mamma kon nie nog `n dag by die huis sit terwyl Pappa aan die boot werk nie, so sy het besluit om by Oupa Leon, Ouma Tessa en Tannie Ronel te gaan kuier.


Louell was bietjie moeilik so Mamma moes 3 keer huis toe en terug ry om vir Louell benodighede te gaan oplaai. Uiteindelik het Louell rustig geraak toe hy op Oupa se bors kon lê en slaap.



Baie babas vind 'n krip te "groot" om rustig daarin te slaap. Die rede waarom hulle daarvan hou om op `n mens se bors te slaap, is as gevolg van die wieg gevoel en waarskynlik `n mens se hartklop en warmte wat dit verskaf.



Dit was `n baie warm dag, maar Mamma het gesorg dat Louell koel bly in sy sleep pod onder Tannie Ronel se waaiers. Kyk net hoe haal die klein mannetjie asem terwyl hy slaap.



Oupa en Ouma het hierdie pragtige renoster beertjie vir Louell gegee en hy het dit geweldig geniet om bo-op hom te lê. Die renoster is gedoop Happy omdat dit groot op sy poot geskryf staan. Hierdie renoster gaan nog lank lekker saam met Louell slaap.



Mamma en Louell het tot laat rugby by Tannie Ronel gekyk. Ons was baie bly toe die Bokke met `n 30-15 oorwinning teen Skotland wegstap. Louell was natuurlik bietjie ongelukkig toe Ierland die All Blacks 29-20 klop, maar hy was steeds bly vir die Iere.

12 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page