top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Lekker By Die Dam

Updated: Nov 30, 2021

Vanoggend begin maar stadig met Mamma en Louell wat cuddle in die bed tot na 08:00, en toe die oggendson geniet.



Na `n lang dag van tuinmaak, kunswerke hang en algeheel net mooi maak, gaan wys Ouma Mabel vir Mamma en Louell hoe mooi dit in Oranjeville is.


Hierdie is soveer `n stukkie hemel in die Vrystaat.



Terug by die huis stap ons drie af dam toe, op Pappa se aanbeveling. Dis lekker koel onder by die water, maar dit wil voorkom of dit altyd koelerig hier is in die aande. Daarom trek ons vir Louell lekker warm aan en maak seker dat die ore toe is, maar sy kop het soveel gegroei in die laaste tyd dat die mussies nie meer so mooi pas nie.



Ek weet nie of hy té gewoond aan my is nie, maar Louell wil net nie saam met Mamma vir `n foto pose sonder om eers bietjie te kerm nie.



Dis werklik heerlik en salig met al die voëls wat hierdie tyd van die aand begin lewe kry. Die honde geniet dit ook baie.



Mamma het gou gebad nadat ons by die dam was en kry sy vir Ouma en Louell só. Ouma het vir Louell `n "sterretjie" gegee omdat hy nie huil nie, maar elke keer as hy lyk of hy wil kla waarsku sy hom dat sy die sterretjie gaan terug vat, dan bly hy maar weer stil.



Later die aand speel Mamma en Ouma Scrabble, terwyl Louell daarop aandring om heeltyd vasgehou te word. Ouma skop Mamma se alie al die pad terug Pretoria toe, maar eindig die wedstryd toe sy die bord stamp.



2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page