top of page
Search

Maatjies Ontmoet

Writer's picture: ChantellChantell

Updated: Nov 27, 2021

Vandag het Louell die eerste keer sy maatjie, Kian, ontmoet. Kian se Mamma is Nicole en Pappa is Byron. Hulle is vriende van ons. Nicole is ook ons kollega en was my pregnancy partner.


Ons kon nie wag om uiteindelik vir klein Kian te ontmoet nie. Hy is gebore net 2 weke na Louell, maar dit het gevoel soos `n ewigheid.



Kian is gebore op 25 Oktober 2021 om 18:30. By geboorte was hy 2.94kg swaar, 48cm lank en sy kop was 34cm in omtrek. Hy was net effe kleiner as Louell by geboorte, maar die verskil wat twee weke se groei kan maak is merkwaardig. Louell lyk uiters groot teen kleine Kian, en heelwat ouer. Hy is ook baie swaarder as Kian, wie nog lekker lig en maklik hanteerbaar is.



Alhoewel die tweetjies nog niks weet van mekaar - of selfs hul eie - se bestaan nie, weet ons dat hul gróót vriende gaan wees.

6 views0 comments

Recent Posts

See All
Lui Dag

Lui Dag

Comments


Post: Blog2_Post
  • Facebook
  • Instagram
  • LinkedIn
  • Pinterest
  • Twitter
  • YouTube

© 2023 Chantell Schmahl

bottom of page