Louell se kleinniggie, Mianique word vandag ingeseën by Lewende Woord Westerlig in Andeon. Mag God haar dra vir die res van haar lewe. Dankie dat ons kon deel wees van hierdie spesiale dag.
Na die diens doen Tannie Bianka en Oom Jacques baie moeite om die dag spesiaal vir hul klein prinses en haar gaste te maak met heerlike eetgoed en pragtige versierings.
Die oulikste oomblik van die hele dag is toe Mamma, Pappa, Louell en Mianique foto's neem en Mianique vir Louell vashou en met hom gesels. Louell is te klein om terug te gesels, maar hierdie twee gaan nog gróót maats wees.
Comments