Dis só verskriklik lekker om wakker te word met hierdie klein lyfie aan my sy. Soms kan dit uitputtend wees om `n paar keer `n aand wakker te word, maar om hierdie dingetjie vas te kan hou maak dit alles beter.
Dan sien `n mens hoe pragtig hy lyk in sy kleertjies... Hy is miskien Wild At Heart, maar hy laat die hart smelt.
Vanaand het Tannie Nicole, Oom Byron en Seth kom kuier om te sien hoe Louell lyk. Hulle kon nie uitgepraat raak oor hoe mooi Louell is nie. Mens kon ook sien dat Louell se koms hul soveel meer opgewonde laat voel oor Kian s'n.
Tannie Nicole erken dat sy senuweeagtig voel, maar Mamma verstaan dit heeltemal want sy het ook so gevoel voor Louell hier was. Seth is ook bekommerd dat hy nie gaan weet wat om met Kian te doen nie, en met Kian gaan moet speel as hy nie regtig wil nie, maar Mamma weet Seth gaan `n fantastiese ouboet wees vanuit hoe besorgd hy vir Louell vashou.
Nou wag ons net vir Kian dat die maatjies uiteindelik kan ontmoet.
Comments