Vanaand is Mamma en Pappa se anniversary en Mamma besluit om bietjie iets spesiaals vir haar en Pappa te doen.
Pappa koop vir Mamma blomme en Mamma bestel lekker kos, versier die kamer en maak Louell aan die slaap.
Die lewe is vol. Die eise kom van elke kant af na ons toe. Die ding wat van die enorme doenlysie afval, is die een wat jy die maklikste as vanselfsprekend kan aanvaar: Tyd saam met jou huweliksmaat.
Baie van die redes wat vir die verbrokkeling van `n huwelike genoem word, spruit uit frustrasie, stres, gebrek aan waardering en ontevredenheid. Al hierdie kan versag en afgeweer word deur dieselfde sorg en aandag aan die verhouding te gee as wat mens in die vroeë dae gedoen het.
Romanse kan maklik aangevuur word in die vroeë dae van 'n verhouding, maar vir dit om so te bly het dit 'n helpende hand nodig. Om die vonk weer aan te blaas, moet mens die vonk vind. Om te fokus op mekaar is belangriker as ooit en dis presies wat ons beplan om te doen
.
Comments