top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Ouma-drome

Updated: Nov 15, 2021

Ouma Mabel het vandag by ons kom kuier omdat sy na Louell verlang het. Sy het vir Mamma heerlike bevrore jogurt gebring, vinnig Louell se doek geruil en toe saam met hom op Mamma en Pappa se bed gaan lê. Toe Mamma weer sien was sy en Louell vas aan die slaap.



Hulle het vir `n kort rukkie geslaap en toe is albei weer wakker. Teen ongeveer 4 weke oud slaap babas tussen 14 en 17 uur per dag - insluitend ongeveer vyf dagslapies. Met 'n bietjie geluk kan `n baba oornag vir langer streke begin slaap vanaf ongeveer 6 weke oud. Ons voel dalk met tye baie moeg, maar daar is lig aan die einde van die tonnel: Met verloop van tyd sal Louell se natuurlike biologiese slaapsiklus na vore kom, maar vir eers is dit belangrik om hom toe te laat om te slaap wanneer hy ook al lomerig is. Dit is wanneer hy die beste gehalte slaap sal inkry.




2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page