Oupa Leon bel vir Mamma om te hoor hoe dit met Louell gaan en Mamma sê hy moet sommer kom kuier.
Oupa het nou al `n paar keer vir Louell gesien, maar elke liewe keer is en bly sy oë bottoe. Dis nie eens dat hy elke keer vas geslaap het nie, hy wou net nie vir Oupa kyk nie. Maar vandag het Oupa vir Louell uit sy eie uit opgetel en vasgehou, en Louell het uiteindelik sy oë wawyd oop gehad sodat Oupa sy groot blou oë kon sien. Hy was ook lank genoeg wakker sodat hy en Oupa lekker kon gesels.
Hoe lank slaap 1 maand oue baba? Wel, op hierdie ouderdom hoop ons om ten minste 15,5 ure se slaap in 'n tydperk van 24 uur te sien. Die meeste babas is in staat om gemaklik wakker te bly vir slegs 30 - 90 minute.
Comments