Só vertel ek nou al vir `n week lank vir Louis dat ek ons klein beertjie kan voel beweeg. Dis meer my maag wat grom en borrel as stote en skoppe, maar volgens alles wat ek gelees het is dit die baba wat doenig is.
Vanaand lê ons op die bank, my maag doodstil, en Louis begin na-aan my maag met Louell gesels. Net so is my maag kliphard aan die gang soveel so dat ek en Louis dit kon voel en hoor.
Pappa se seun hou verseker van sy stem.
Comments