top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Richie Rich

Updated: Aug 14, 2021

Dis met `n baie trotse en geruste Mamma-hart dat ek vandag kan deel dat ons-ons doelwit in terme van spaargeld vir Baba De Bruin bereik het. Dit het baie dissipline en beplanning geverg, maar ons kan nou sag slaap in die wete dat ons sal kan voorsien in ons klein man se behoeftes indien iets onverwags opduik.



HIER IS `N PAAR WENKE OM FINANSIEËL VOOR TE BLY TERWYL BABA NOG BAK:


  1. Hou eers jou spaarkoers so hoog as moontlik, voordat die ekstra finansiële druk van 'n groter gesin op jou pad kom.

  2. Reken dan jou verwagte toekomstige uitgawes nadat jou kind gebore is by jou begroting in, en toets dit een maand. Maak die nodige aanpassings.

  3. Spaar of belê die geld wat jy opsy gesit het vir die "uitgawes" voordat jy dit werklik moet betaal.

  4. Ruim `n bedrag in om verder te spaar, vir die maande waar dit miskien swaarder gaan. Dit hoef nie `n enorme, onbekostigbare bedrag te wees nie, maar sal eerder die eerste stap tot gesonde finansiële gewoontes wees. En voordat jy jou oë uitvee is daar iets behoorlik om op terug te val.

  5. Indien jou selfbeheersing so wankelrig soos myne is, besoek jou bank en maak `n rekening oop waar jy nie dadelik toegang tot jou spaargeld het nie. Met my spaarrekening moet ek 30 dae kennis aan die bank gee om boete-vry geld los te maak, tensy dit `n uiterse geval is waar ek bewyse kan lewer aan die bank. Dit verseker dat ek baie beter rente op my belegging kry en help ook dat ek in daardie 30 dae mooi kan besin of ek dié geld wil spandeer. (Rekeninge met korter kennisgewings periodes is ook beskikbaar.)

  6. Maak ten slotte seker dat jy al die dele van jou finansiële plan in plek het sodat jy vol vertroue hierdie nuwe lewensfase kan bekostig.

As jy ouerskap oorweeg of die reis begin, is dit 'n belangrike stap en mylpaal in die lewe. Dit is 'n opwindende tyd, maar dit kan ook baie finansiële druk veroorsaak.


Doen jouself, jou gesin en jou kontantvloei 'n guns: Begin nou om u finansies in orde te kry.


Wees proaktief; dit is een ding minder waaroor jy jou moet bekommer as die baba hier is, en jy kan dan tyd en energie spandeer deur te fokus op die belangrikste: Jou pragtige gesin.


15 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários


Post: Blog2_Post
bottom of page