top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Totsiens Borsvoeding

Vandag is vir Mamma `n baie hartseer dag: Vandag hou ons op "borsvoed".


Na 6 weke se gesukkel en gebid en gehuil het Mamma besluit om op te gee. Nie omdat sy wil nie, maar omdat die stryd nie gewen sal word nie.


Deur my swangerskap het Dr Anneen Venter vir Mamma voorberei dat sy waarskynlik sal sukkel om te borsvoed en byvoeding sal moet gee vanweë die twee borsreduksies wat ek gehad het 10 jaar gelede. Aanvanklik was dit `n bitter pil om te sluk, maar ek het dit aanvaar en was vasberade om steeds te borsvoed. Min het ek geweet hoe ek sou sukkel.


Binne die eerste uur na Louell se geboorte het hy mooi gelatch en dit het gelyk om alles goed sal gaan. Dit was egter die eerste en laaste keer wat hy direk aan my wou latch. Nadat Pappa mal rond moes ry om gepaste nipple shields by Mama Moo te kry en dit hospitaal toe moes bring, wou Louell net met nipple shields voed. As dit maar die grootste van die hekkies was, sou ek aanhou, maar ongelukkig was dit die kleinste struikelblok.


Nadat ek daagliks drie keer die dosis Espiride (die generiese weergawe van Eglonyl) geneem het, plus borsvoedingstee en Milk bars in oormaat gebruik het, kon ek steeds gesamentlik, op albei borste skaars 10ml melk uitpomp per geleentheid. Dít het ek vir Louell ingegee, maar dit was nie naastenby genoeg om `n duik in sy aanvraag op voeding te maak nie.


Dan ook, Eglonyl word eintlik vir depressie gebruik, hoewel dit nie die beste behandeling daarvoor is nie, en dit het die newe-effek dat dit melkproduksie verhoog. Daarby hou dit verskeie newe-effekte in, bv. koors, pyn in die laer rug, veluitslag, seer keel, maagsere, skielike afname in die hoeveelheid urine, ongewone bloeding of kneusing, ongewone moegheid of swakheid, geel oë of vel, asook ander. Dit is dus nie die beste ding om op die langduur te gebruik nie en verseker nie in die dosis wat ek dit gebruik het nie.


Probleme met melkproduksie kan voorkom by vroue wat 'n borsreduksie-operasie gehad het. Tydens die prosedure verwyder 'n chirurg 'n deel van die bors wat klierweefsel en kanale kan insluit wat melk produseer en na die tepel vervoer. Dit is nie dat borsvoeding onmoontlik is nie, maar die hoeveelheid melk wat na die operasie uit borste geproduseer word, kan verminder word.


Ongelukkig was dit in my geval net nie die moeite werd om aan te hou probeer nie, en daarom gaan ons voort om ons gelukkige, gesonde klein boetie met formule te voed, en ek kan in my hart gerus voel dat ek alles probeer het moontlik.



8 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page