top of page
Search
Writer's pictureChantell

Totsiens Tannie Anne

Mamma en Louell is vanoggend na Mamma en Pappa se kollega, Tannie Ilse, se ma, Tannie Anne, se begrafnis toe by die Kerk te Garsfontein. Dit was `n baie hartseer maar mooi diens wat Mamma net weereens laat besef het hoe belangrik haar rol in haar seuntjie se lewe is en gaan wees. Louell het stroopsoet deur die hele diens geslaap.



Om 13:00 het Louell by Ouma Mabel gaan kuier terwyl Mamma na Skin PhD Olympus is vir waks en hare doen. Mamma het baie na die klein mannetjie verlang terwyl sy daar was, maar Ouma het die heeltyd vir Mamma foto's geneem en gestuur.




Ouma het vir Louell styf toegedraai omdat dit maar koud is buite, en vir Yoli die Seekat by hom neergesit terwyl hy slaap.




5 views0 comments

Recent Posts

See All

Lui Dag

Kommentare


Post: Blog2_Post
bottom of page