top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Totsiens Tannie Ous

Updated: Nov 29, 2021

Om 11:00 vanoggend is Mamma, Pappa en Louell na Tannie Ous, Ouma Elize se suster, se begrafnis te Pretoria-Wes.

Ouma Elize se hart is gebreek want Tannie Ous was nie net haar sussie nie, maar ook haar beste vriendin. Ons sit by Ouma terwyl Pappa help om die kus in te dra.

Dit is `n baie hartseer diens, vernaam omdat Tannie Ous se seun, Oom Christo, weens Covid-19 nie terug kon vlieg vanaf die VSA na Suid-Afrika vir die begrafnis nie en toe `n video stuur om by die begrafnis te speel.

Louell slaap stroopsoet deur die verrigtinge.


Vandag is die eerste dag wat Louell van sy 0-3 maande klere aantrek. Mamma voel weemoedig want haar bul word nou te vinnig groot, maar hy lyk darem net te pragtig in sy tier hempie en klein broekie.



Later lê Mamma, Pappa en Louell lekker rustig op die bed en Mamma neem die rare geleentheid af.



Ons babatjie word nou regtig mens met al hierdie oulike gesigte wat hy trek. Dis genoeg om hom net op te vreet!



2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page