top of page
Search
  • Writer's pictureChantell

Wok N Roll

Updated: Nov 16, 2021

Vandag het die die De Bruins vroeg al die pad ingeval want dis stemdag! Mamma het reeds 08:00 klaar gestem by Laerskool Constantiapark, waar die rye mense darem nog nie gevorm het nie. Terug in die kar het Louell geweldige reflux gehad, en nadat hy skoongemaak is, het ons vir Pappa in Silverton gaan aflaai waar hy moes stem.


Daarna is Mamma en Ouma Mabel na Woodlands Boulevard om die bank te besoek, `n paar mooi kledingstukke vir Louell te koop by Woolworths en Estee Lauder grimering te koop vir Ouma by Edgars. Mamma het die hele tyd vir Louell teen haar bors in die Bounce sak gedra terwyl hy vas geslaap het.


Die laaste stop was by Mamma se gunstelling restaurant, Wok N Roll, waar Mamma en Ouma sushi, prawns en rooi Thai kêrrie saam met `n koppie tee geniet het. Louell het ook hier te lekker op die bank langs Mamma geslaap.



4 views0 comments

Recent Posts

See All

Commenti


Post: Blog2_Post
bottom of page