top of page
Website Dieretuin Page Cover

Dieretuin

"My beste vriende het 'n pels en 'n stert."

Charles Schultz

Dieretuin: Image

By Herderstraat speel diere ʼn groot rol in ons lewens.


Ek het drie Great Danes. Hul name is Gaia, Kronos en Ouranos. Hulle is baie goeie waghonde vanweë hul beskermende natuur, grootte en diep stemme, maar hulle is eintlik meer soos kinders in die huis..


My kat se naam is Yvie. Sy's vernoem na die vrou van die eerste minister van Frankryk tydens die Tweede Wêreld Oorlog, Yvonne de Gaulle. Sy's pikswart met geel oë, nes die kat op Théophile Steinlen se Tournée du Chat Noir - wat die eerste poster was ek in Parys gekoop het in 2004.


Dan is daar die marmotte, Roche en Dopey. Roche is `n grys haarlose marmot en Dopey het swart en wit lang hare. Die ander klompie haarlose marmotte - Sid, Nancy en Barb - is oorlede en in die tuin begrawe.

My worsies is ongelukkig ook nie meer by ons nie, alhoewel ek hul as in `n houtkussie in die gang hou. Xena is in Julie 2020 op die ouderdom van 17 jaar oorlede en Rambo is in Februarie 2018 oorlede op 18-jarige ouderdom.


Ons het ook visse en slakke, wat almal na Marvel-karakters vernoem is.

Dieretuin: Text
Image
Dieretuin: Image
bottom of page