top of page
Cover

Ons

"Dit alles begin en eindig hier."

Khadijha Tariq

Ons: Image
Chantell

Ontmoet Chantell

Ek is gebore Chantell Marileen Schmahl op 1 Januarie 1987 in die Mowbrayhospitaal te Mowbray, Kaapstad. My ouers is Mabel Elizabeth Schmahl, née Tenner, en Leon Johannes Schmahl.


Ek is my ouers se enigste kind en het `n half-suster, Cavil, aan my pa se kant.


Ek't die eerste drie jaar van my lewe in Kaapstad deurgebring terwyl my ouers in die Parlement gewerk het. Ons gesin verhuis daarna na Pretoria waar ek die grootste deel van my lewe woon.


Ek was ʼn leerling aan Laerskool- en Hoërskool Garsfontein vanaf 1994 tot 2005. Op skool neem ek deel aan atletiek, speel netbal en sagtebal, en hou telling by krieketwedstryde. Ek neem ook deel aan redenaars, revue, my skool- en die Pretoria Jeugkoor, en die Eisteddfod kompetisies vir sang en blokfluit. Daarby doen ek noodhulp, neem deel aan uitreikprojekte, brugboukompetisies en Wetenskap Ekspo's. Ek verwerf erekleure in akademie, sport, kultuur en leierskap.


Na skool studeer ek LLB Regte aan die Universiteit van Pretoria en later aan die Universiteit van Suid-Afrika, maar besluit om my studies op te skort in my vierde jaar. Tydens my studies verhuis ek na Nieu-Seeland vir ʼn jaar en keer terug in 2009.


In 2010 sluit ek aan by MES Consultants South Africa en twee jaar later is AGRIFOODSA gebore.


Van kleins af is ek in my vrye tyd geïnteresseerd in museums, nuwe plekke sien en interessante ervarings. Vreemde kulture, geskiedenis en kuns is van my grootste belangstellings. My groot liefde is musiek en ek luister na ʼn wye verskeidenheid soorte. Ek sing self en speel kitaar. Diere is my ander groot liefde en ek is versot op my dierekinders.


My gesin en nabye familie is my alles.

Ons: About
Louell

Ontmoet Louell

Louell de Bruin is gebore op 8 Oktober 2021 in die Netcare Pretoria-Oos Hospitaal te Moreleta Park, Pretoria.


Hy is sy ouers se enigste kind, maar hoop om binnekort `n boetie of sussie te kry.


Hy het vir die 14 maande van sy lewe tuisonderrig geniet en was deel van die Pienkvoet-Pret Garsfontein speelgroepie, maar is tans op skool te Pretoria-Oos.


Hy lees graag, geniet dit om na Lami Leer en Speel te kyk, krap graag in die grond rond en is mal oor water. Hy swem ook twee maal `n week by `n swemskool in Pretoria-Oos.

Ons: About
bottom of page